‘n Vlak graf, ‘n moord en ‘n skietery: Man wéér in Heidelberg-hof

Jaén-Lee Pyne se sake is uitgestel sodat hy met nuwe regshulp kan konsulteer, terwyl die landdros waarsku dat verdere vertragings nie geduld sal word nie.

Jaén-Lee Pyne, wat verskeie sake van onder andere moord en poging to moord in die gesig staar, het vandag weer in die Heidelberg-landdroshof verskyn.

Heidelberg Nigel Heraut berig die saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook opsetlike saakbeskadiging is tot 9 April uitgestel sodat Pyne met sy nuwe regshulp kan konsulteer.

Landdros M Twala het dit baie duidelik uitgespel dat hy nie verdere vertragings gaan duld nie en dat die reg nou sy gang moet gaan sodat die saak, wat sedert 3 Maart 2023 hangende is, afgehandel kan word.

Pyne word ook van ‘n skietvoorval wat op 3 Julie 2024 in Ueckermannstraat in dié dorp afgespeel het beskuldig, waarin Etienne du Preez (74) koelbloedig gewond is en Flip Minnaar (66) beseer is.

Die saak waarin Pyne aangekla word van die moord op Du Preez en poging tot moord op Minnaar is uitgestel tot 7 Mei asook die saak wat spruit uit ‘n lyk wat in die voortuin van ‘n eiendom gevind is.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button