Man tussen Middelburg en eMalahleni in voertuig doodgeskiet

Omstandighede rondom die moord is nog onduidelik en die polisie was tot gisteraand laat nog besig om die toneel te fynkam vir leidrade.

’n Man is gistermiddag koudbloedig doodgeskiet op die besige R555 naby die treinbrug tussen Middelburg en eMalahleni.

Die presiese omstandighede rondom die moord, wat omstreeks 16:30 gepleeg is, is nog nie duidelik nie.

Volgens ooggetuies het ‘n swart voertuig sonder nommerplate die slagoffer se wit Nissan NP200 van die pad af gedruk waarna ‘n insittende in die swartvoertuig die man doodgeskiet het.

Polisie op die toneel.

Die swart voertuig het daarna van die toneel weggejaag.

Die voorval het ‘n verkeersknoop tussen Middelburg en eMalahleni veroorsaak, met baie motoriste wat die R555 gebruik om die tolhek op die N4 te vermy.

Die toneel waar ‘n man doodgeskiet is.

Die Nissan bakkie met die man se liggaam daarin het in die een baan van die pad gestaan terwyl die polisie besig was op die toneel. Die ander baan was steeds oop vir verkeer.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button