News

Sopas in: Man in moontlike padwoede voorval doodgeskiet

Die voertuig het in die een baan gestaan en alhoewel die polisie besig was met hul ondersoekwerk waar die man geskiet is, is die verkeer nie heeltemal gestop nie.

‘n Man is summier doodgeskiet in wat blyk ‘n padwoede voorval te wees op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad).

Daar word verneem dat die gebeure omstreeks 16:30 plaasgevind het by die treinbrug tussen Middelburg en eMalahleni.

Die presiese omstandighede waarom die man doodgeskiet is, is nog nie duidelik nie.

Uit brokkies inligting wat ons kon bekom, is gesê dat ‘n swart voertuig die bakkie (‘n NP200) afgetrek het, waarna ‘n insittende in die swart voertuig die bestuurder van die bakkie doodgeskiet het.

Die polisie is tans besig met hul ondersoek,

Daar is gesê dat die swart voertuig nie nommerplate gehad het nie en van die toneel af weggejaag het.

Die polisie se forensiese span is reeds op die toneel en meer inligting is nie op hierdie tydstip bekend nie.

‘n Man is doodgeskiet in ‘n NP200 bakkie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button