Video: EFF verdedig Afrika-kultuur ná Sangoma-insident by NWU

Die EFF Youth Command kap terug ná AfriForum Jeug se versoek om ’n tradisionele genesingsritueel in ’n studentekoshuis te ondersoek.

Die EFF Youth Command (EFFYC) staan ​​vas ter verdediging van Afrika-kultuur.

“Die EFF veroordeel heftig die rassistiese en kultureel ongevoelige aanval op Afrika-tradisies deur AfriForum Jeug,” het Elihe Mjikwa van EFFYC in ‘n verklaring gesê.

Potchefstroom Herald berig die verklaring spruit ná Sondag se ritueel, glo deur ‘n Sangoma, waartydens vreesaanjaende gille by ‘n dameskoshuis van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potcfestroomkampus, op video vasgevang is.

Waarskuwing: Die volgende video mag sensitiewe lesers ontstel

AfriForum Jeug het ‘n beroep op die NWU gedoen om ‘n formele ondersoek te doen nadat die voorval veroorsaak het dat talle vroulike studente nie meer veilig voel nie.

“Die onlangse eise deur AfriForum Jeug vir die Noordwes-Universiteit om ’n tradisionele genesingsritueel in ’n studentekoshuis te ondersoek, is niks anders as ’n uitbreiding van koloniale apartheidsera-taktieke om Afrika-identiteit te onderdruk nie.

“Ons staan ​​onverskoonbaar ter ondersteuning van Afrika-spiritualiteit, insluitend die praktyke van Sangomas. Wie bewaar die voorvaderlike kennis en genesing?”

Die verklaring gaan aan om te sê Afriforum en NWU moet ophou met die vreespratery teen Afrika-tradisies en liewer opvoed sodat ander kan verstaan, eerder as om dit as ‘n bedreiging te hanteer.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button