Video: Vrees en angs na ‘sangoma-ritueel’ by NWU koshuis in Potchefstroom

Talle studente sê dit was angswekkend om die gille te moes aanhoor en dat hulle nie meer veilig in die koshuis voel nie.

Waarskuwing: Die video in hierdie berig mag sensitiewe lesers ontstel.

Bloedstollende gille is glo Sondag, 13 April tydens ‘n beweerde sangoma-ritueel in ‘n dameskoshuis by die Noordwes- Universiteit (NWU) in Potchefstroom gehoor. Talle inwoners van die koshuis meen dat hulle nie meer veilig voel nie.

Potchefstroom Herald berig die ritueel is glo in ’n koshuiskamer op ’n inwoner van die koshuis uitgevoer. Volgens Yvonne Gerber, jeugbeampte by AfriForum Jeug, het die voorval teen omstreeks 22:10 plaasgevind.

Paniekbevange koshuisinwoners het AfriForum Jeug van die voorval in kennis gestel. Die naam van die koshuis word weerhou om die betrokke studente se identiteite te beskerm.

Op die klank- en beeldmateriaal wat inwoners van die koshuis aan AfriForum Jeug gestuur het, kan gille duidelik gehoor word.

Twee soortelyke voorvalle in ‘n maand

Gerber sê dat Sondag se voorval nie die eerste een is nie.

Ná afloop van ’n soortgelyke voorval in dieselfde koshuis sowat ’n maand gelede, het ’n groep besorgde studente die koshuismoeder genader. Haar reaksie was egter na bewering minagtend en die studente is bloot aangesê ‘om nie bang te wees nie’.

Universiteit gevra om voorval te ondersoek

AfriForum Jeug eis dat die NWU ’n formele ondersoek loods. Die jeugorganisasie het Maandag inligting rakende die voorval sowel as ’n stel eise in ’n brief aan prof. Marlene Verhoef, registrateur van NWU, uiteengesit.

“Sondagaand se voorval het uiterse vrees en angs by medeinwoners veroorsaak. Tog is studente se kommer by ’n vorige geleentheid geringgeskat. Dit is duidelik dat koshuisbestuur nie insien watter emosionele en sielkundige impak voorvalle soos dié op ander inwoners het nie. Talle damesstudente voel nou onveilig voel in dié koshuis of is selfs nie eens meer gemaklik in hul eie kamers of in gemeenskaplike ruimtes in die koshuis nie,” verduidelik Gerber.

In die skrywe aan Verhoef benadruk AfriForum dat die eise wat aan die universiteit gestel word, nie spruit uit enige vorm van geloofs- of kulturele onverdraagsaamheid nie, maar eerder ’n oproep is om wedersydse respek en verantwoordelike bestuur van gedeelde universiteitsruimtes.

Daarbenewens word ook geëis dat opleiding aan koshuisbestuur gebied moet word in die hantering van studenteklagtes, en dat traumaberading beskikbaar gestel moet word aan inwoners van die koshuis wat emosioneel deur die voorval geraak is.

Louis Jacobs, NWU-woordvoerder, het aan Potchefstroom Herald bevestig die Universiteit het Afriforum se geskerwe ontvang.

“Ons is bewus van die voorval en die aangeleentheid kry reeds aandag,” het Jacobs gesê.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button