Soektog na tweede slagoffer duur voort ná raaiselagtige bootramp by Gouritsmond
’n Onverklaarbare bootramp naby Gouritsmond het een visserman se lewe geëis, terwyl die soektog na sy vermiste vriend steeds voortduur.
Die omstandighede rondom ‘n bootramp wat tussen Saterdag en Sondag, 26 en 27 April, op die see naby Gouritsmond gebeur het – en minstens een lewe geëis het – bly steeds ‘n raaisel.
Rikus Bester (47) en Robert John Hemphill (58), beide ervare vissermanne, se families het bekommerd begin raak toe hulle Saterdagaand nie teruggekeer het huis toe nie.
Die Nasionale Seereddingsinstituut het Sondagoggend om 05:00 ‘n soektog van stapel gestuur en Bester se liggaam op rotse naby die vissersboot, Zindago, se wrak duskant Gouritsmond gevind.
Bester was die pa van ‘n gr. R-seuntjie en 16-jarige dogter. Teen Vrydag het die soektog na Hemphill steeds voortgeduur.
Slegs gedeeltes van die boot is tydens Mossel Bay Advertiser se besoek aan die toneel die afgelope week gevind.


Bester se vrou, Michelle, het intussen nog nie kans gesien om ‘n huldeblyk oor haar man vir die Mossel Bay Advertiser te gee nie.
Hemphill se vrou, Trish, het die media versoek om die familie hul privaatheid te gun.
Die Albertinia SAPD het intussen ‘n geregtelike doodsondersoekdossier geopen. Geen begrafnisreëlings was teen Vrydag bekend nie.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.mosselbayadvertiser.com