Vier ’n eeu van smaak en stories: Pinotage en Afrikaans kom saam op die verhoog by Innibos

’n Wyn- en kultuurgeleentheid wag op feesgangers in Mbombela wanneer Meesters: 100 Jaar van Pinotage en Afrikaans plaasvind.

Feesgangers by Innibos kan vanjaar uitsien na ’n aand waar stories, musiek, geskiedenis én ‘n keur van uitsonderlike Pinotage-wyne die verhoog sal deel.

Die Pinotage Assosiasie, in samewerking met Toyota Innibos en Komati Group Holdings (Pty) Ltd., bied ’n wyn- en kultuurgeleentheid aan: Meesters: 100 Jaar van Pinotage en Afrikaans.

Dit beloof om ‘n feestelike huldeblyk te wees aan twee unieke Suid-Afrikaanse erfenisse: Pinotage en Afrikaans.

Johan Rademan, bekend vir sy stem en stories op RSG, sal die aand help lei saam met wynlegende Beyers Truter, wat as pionier van moderne Pinotage bekendstaan. Christo Snyman bring sy kitaar en Afrikaanse liedjies om hulde te bring aan Afrikaans se ryk literêre en musikale geskiedenis, met bekende name soos Koos du Plessis en David Kramer in die kollig.

Die wyne wat tydens die vertoning geproe gaan word sluit drie wyne van Stellenbosch in: Beyerskloof Chenin Blanc Pinotage (witwyn), Beyerskloof Pinotage (rooiwyn) en Beyerskloof Kriekbult Pinotage (rooiwyn).

Vanuit die Botrivier omgewing kan fynproewers die Wildekrans Pinotage (rooiwyn) geniet en vanuit Robertson/Bonnievale area die  Christina 9 Barrels Pinotage Trousseau (rooiwyn). ’n Ander hoogtepunt sal die Survivor Pinotage (rooiwyn) vanuit die Swartland wees.

Hierdie proesessie bring die beste van Suid-Afrika se wynstreke byeen. Dit is ‘n unieke geleentheid vir wynliefhebbers om die diversiteit van Pinotage, van lig en vars tot vol en kompleks, eerstehands te ervaar.

Dit is meer as net ’n wynproe. Dit is ‘n viering van erfenis, taal, kultuur en storievertelling, met elke glas wyn wat ‘n nuwe verhaal oopmaak.

Volgens programbestuurder Philna Scholz, vind dié vertoning op 15 Julie om 14:00 plaas in die koshuis-eetsaal van Hoërskool Nelspruit.

Kaartjies is beskikbaar op innibos.co.za of Ticketpro. Beperkte sitplekke is beskikbaar.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button