Joernalis bewusteloos gevind na soektog in Stilbaai

‘n Grootskaalse soektog deur polisie, reddingserkers en vrywilligers is van stapel gestuur nadat sy vrou hom nie alleen kon opspoor nie.

Die Stilbaai-gemeenskap was gisteraand in skok nadat Suid-Kaap Forum-joernalis, Johan Victor, laatmiddag as vermis aangemeld en later bewusteloos op die rotse naby Geelkrans aangetref is.

Volgens sy vrou, Laverne Victor, het Johan die huis omstreeks 13:00 verlaat, vermoedelik om op die strand te gaan stap, en nooit teruggekeer nie.

Nadat haar eie soektog geen sukses opgelewer het nie, het sy die Stilbaai-polisie in kennis gestel.

‘n Grootskaalse soektog is deur die SAPD, NSRI, Stilbaai-buurtwag en vrywilligers begin.

Die operasie is egter na ongeveer ‘n uur weens gevaarlike weerstoestande afgelas.

Een toegewyde vrywilliger het egter geweier om tou op te gooi en het besluit om die soektog voort te sit.

Hierdie moedige optrede is beloon toe hy Victor later bewusteloos op die rotse by Geelkrans gevind het.

Die oorsaak van die insident is tans onbekend. Victor is per ambulans na Life Bay View-hospitaal in Mosselbaai geneem, waar hy tans onder mediese toesig aansterk.

Victor se vrou bedank die gemeenskap, vrywilligers en reddingsdienste vir hul hulp met die soektog.

Read original story on www.suidkaapforum.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button