Moord ondersoek nadat vermiste Vanderbijlpark-man by lykshuis gevind is

Die soektog na Attie Venter, wat vroeër as vermis aangemeld is, het tragies geëindig nadat hy na bewering dood by die Sebokeng-lykshuis gevind is.

Die 43-jarige Attie Venter, wie vroeër as vermis aangemeld is, is na bewering dood by die Sebokeng-lykshuis gevind.

Vaalweekblad verneem dat ’n moordsaak oopgemaak sal word. Die koerant het navrae aan Sersant Sabelo Sigcu, ‘n plaaslike polisiewoordvoerder, gestuur, en wag nog vir terugvoer.

Die hartseer nuus volg kort nadat Venter se familie ’n beroep op die publiek gedoen het om te help om hom op te spoor.

Venter, wat laas by sy woonstel in Stephensonstraat, Vanderbijlpark, gesien is, het Sondag omstreeks 15:00 vermis geraak.

Volgens sy familie het hy ’n swart T-hemp gedra.

Hulle het sedertdien niks weer van hom gehoor nie en kon hom ook nie in die hande kry nie.

Die familie het hom as vermis by die polisie aangemeld.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button