Armand Swart-moord: Kaptein wat betrokke was by ondersoek verskyn in hof
'n Ballistiese kenner in 'n moordsaak op 'n man wat verkeerdelik aangesien is as fluitjieblaser, het gister in 'n hof in Pretoria verskyn.
‘n Polisiekaptein wat as ballistiese kenner betrokke was by die ondersoek ná die opspraakwekkende moord van Armand Swart (30) in 2024 buite die ingenieursfirma, Q-Tech Engineering Company in Vereeniging, het gister self in die hof verskyn.
Volgens Parys Gazette is Kaptein Itumeleng Laurence Makgotloe (54), ‘n ervare ballistiese kenner, Vrydag by sy huis in hegtenis geneem en word aangekla van medepligtigheid aan ‘n moord, of alternatiewelik dwarsboming van die gereg en die onwettige besit van ammunisie.
Die Pretoriase landdroshof het gister (25 Mei) gehoor dat Makgotloena na bewering van sy ballistiese ontledings van die moord op Swart, doelbewustelik gefrabiseer het.
Swart is op 17 April 2024 in sy voertuig koelbloedig doodgeskiet toe die insittendes van ’n ander voertuig, wat oorkant hom parkeer was, na bewering op hom losgebrand het nadat hy verkeerdelik aangesien is as fluitjieblaser van Transnet-tenderbedrog. Twee verdagtes is later vir die moord in hegtenis geneem.
Tydens die ondersoek is die vuurwapen en ammunisie wat na bewering in die moord gebruik is, op 9 Mei 2024 aan Makgotloe oorhandig vir ballistiese ondersoek. Daar word beweer dat Makgotloe, nadat hy die ondersoek uitgevoer het, onakkurate verslae aan sy meerderes voorgelê het, wat hy later teruggehaal en versuim het om weer terug te besorg. Daar word verder beweer dat hy ook die vuurwapen en ammunisie verwyder het om verdere ondersoek te verhoed, en dit nooit terugbesorg het nie.
Makgotloe het in Februarie getuienis voor die Madlanga-kommissie gelewer oor die moord op Swarts. Ná verdere ondersoeke is hy Vrydag (22 Mei) by sy huis in hegtenis geneem, waar daar beslag gelê is op ballistiese verslae, ammunisie en ander bewysmateriaal wat relevant is tot polisie-ondersoeke.
Die saak is uitgestel tot volgende Dinsdag (2 Junie) vir ‘n borgaansoek, het Lumka Mahanjana, die streekwoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Gauteng, gesê.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.bloemfonteincourant.co.za