Network Sport

Van skolekrieket tot internasionale skeidsregter: Arno Jacobs bereik mylpaal

'n Voormalige Potchefstroomse skoolkrieketspeler het Sondag sy eerste internasionale eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië op die Wanderers behartig.

Die oud-Volkie, Arno Jacobs, het die afgelope Sondag (27 September) ‘n groot mylpaal behaal toe hy as krieketskeidsregter in sy eerste internasionale eendagwedstryd gestaan het.

Volgens Potchefstroom Herald het Jacobs sy debuut op die Wanderers-stadion in Johannesburg gemaak in die Pienkdag-eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië. Hy was konsekwent met sy beslissings en kan sy kop omhoog hou na ‘n goeie debuut. Hy het saam met die voormalige Engelse toetsspeler, Richard Illingworth, in die middel gestaan.

Jacobs bly tans in die Oos-Kaap en verteenwoordig die Oostelike Provinsie se skeidsregtersvereniging.

Hy is bekend as ‘n uitstekende skiedsregter op plaaslike vlak en is vanjaar as die Skeidsregters se Skeidsregter van die Jaar by die gesogte Krieket Suid-Afrika-toekennings aangewys. Voor sy eendagdebuut het hy reeds in 14 T20 internasionale wedstryde as skeidsregter gestaan.

Arno Jacobs (middel) ontvang sy toekenning as Skeidsregters se Skeidsregter van die Jaar. Foto: Warriors Cricket/Facebook

Voordat hy ‘n skeidsregter geword het, was hy ook ‘n topklasspeler op skolevlak vir Hoër Volkskool Potchefstroom (alombekend as Volkies), waarna hy sy krieket verder op provinsiale vlak voortgesit het. Hy het sy eersterangse eendagdebuut in die 1994/95-seisoen gemaak en 18 jaar lank vir verskeie spanne waaronder Noordwes en die Oostelike Provinsie (Warriors) verteenwoordig. Hy was ‘n linkerhandse kolwer wat in die middelorde gekolf het. Hy het 144 eersterangse wedstryde gespeel, met ‘n kolfgemiddeld van 38.08 en ‘n hoogste telling van 218*.

Arno se ouer broer, Stefan, was ook in Volkies en het in die 1990’s eersterangse krieket gespeel.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button