SportSport

Voormalige Volkie maak sy internasionale eendagdebuut as skeidsregter

Arno Jacobs blink uit as skeidsregter en het sy staal in die middel tydens die Suid-Afrika en Australiƫ eendagwedstryd op die Wanderers bewys.

Die oud-Potch Volkie, Arno Jacobs, het die afgelope Sondag ‘n groot mylpaal behaal toe hy as krieketskeidsregter in sy eerste internaionale eendagwedstryd gestaan het.

Jacobs het sy debuut op die Wanderers op 27 September gemaak in die Pienkdag-eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en AustraliĆ«. Hy was konsekwent met sy beslissings en kan sy kop omhoog hou na ‘n goeie debuut. Hy het saam met die voormalige Engelse toetsspeler, Richard Illingworth, in die middel gestaan.

Jacobs bly tans in die Oos-Kaap en verteenwoordig die Oostelike Provinsie se Skeidsregtersvereniging.

Hy is bekend as ‘n uitstekende skiedsregter op plaaslike vlak en is vanjaar as die Skeidsregters se Skeidsregter van die Jaar by die gesogte Krieket Suid-Afrika-toekennings aangewys. Voor sy eendagdebuut het hy alreeds in 14 T20 internasionale wedstryde gestaan.

Arno Jacobs (middel) ontvang sy toekenning as KSA se Skeidsregters se Skeidsregter van die Jaar. Foto: Warriors Cricket/Facebook

Voordat hy skeidsregting betree het, was hy ook ‘n topklas speler op skolevlak vir Volkies, waarna hy toe sy krieket verder op provinsiale vlak voorsgesit het. Hy het se eersterangse eendagdebuut in die 1994/95 seisoen gemaak en vir 18 jaar vir verskeie spanne insluitend Noordwes en die Oostelike Provinsie (Warriors) verteenwoordig. Hy was bekend as ‘n linkerhandse kolwer wat in die middelorde gekolf het. Hy het 144 eersterangse wedstryde gespeel met ‘n kolfgemiddeld van 38.08 en ‘n hoogste telling van 218*.

Arno se ouer broer, Stefan, was ook in Volkies en het ook eersterangse krieket in die 90’s gespeel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button