Lifestyle

Lipleklekker nagereg vir die feestyd

Geniet ‘n heerlike gebakte ricotta met donkersjokolade- en aarbeisous saam met jou geliefdes hierdie feestyd.

 

Bestanddele

 

  • 500 g ricottakaas
  • 2 eiers, liggies geklop
  • 100 g donkersjokolade (minstens 70% kakao), in stukke gekap
  • 50 g gevlokte amandels, liggies gerooster
  • gerasperde skil van 1 lemoen
  • sap van 1 lemoen
  • 15 ml (1 e) strooisuiker
  • 250 g aarbeie<
  • ’n hand vol bessies, vir opdiening
  • ’n hand vol kruisement, vir opdiening

 

Metode

 

Voorverhit die oond tot 160 °C.

  1. Voer ’n 17 cm x 8 cm-pannetjie met bakpapier uit.
  2. Meng die ricotta, eiers, sjokolade, amandels, lemoenskil, die helfte van die lemoensap en strooisuiker en skep in die broodpan.
  3. Bak vir 30 -40 min. tot ’n toetspen wat in die middel ingedruk word skoon uitkom. Laat afkoel.
  4. Sny die helfte van die aarbeie in stukkies en sit in ’n bak. Gooi die res van die lemoensap oor en marineer vir 20 min.
  5. Verwerk die res van die aarbeie in ’n voedselverwerker tot glad. Hou die sous eenkant.
  6. Sit die kaas in skywe voor met die aarbeisous, vars kruisement en bessies.

 

Die artikel Gebakte ricotta met donkersjokolade- en aarbeisous het eerste in Rooi Rose verskyn.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button