Lifestyle

Heerlike sjokoladefudge vir jou gaste

Geniet hierdie heerlike sjokoladefudge resep wat maklik is om te maak en altyd 'n wenner onder die gaste is.

 

Bestanddele

 

Wit-en-bruin sjokoladefudge

  • Wit sjokoladefudge
  • 400 g (4 plakke) wit sjokolade
  • 250 ml (1 k) kondensmelk
  • 60 g botter

 

Melksjokoladefudge

  • 200 g (2 plakke) melksjokolade.
  • 125 ml (½ k) kondensmelk
  • 30 g botter

 

Sjokoladefudge

genoeg vir sowat 20 blokkies

  • 200 g melksjokolade, fyn gekap
  • 200 g donker sjokolade, fyn gekap
  • 120 g botter
  • 250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
  • 125 ml (½ k) room
  • 30 ml (2 e) kitskoffie
  • 5 eiers
  • 30 ml (2 e) koekmeel, gesif

 

Sjokoladefudge

 

Bestanddele

 

Wit-en-bruin sjokoladefudge

  1. Spuit ’n vierkantige pan van 18 x 18 cm met kleefwerende kossproei.
  2. Begin met ’n wit sjokoladelagie. Verhit 200 g wit sjokolade, 125 ml (½ k) kondensmelk en 30 g botter in ’n klein kastrol oor lae hitte.
  3. Roer tot die sjokolade gesmelt en die mengsel glad en blink is. Gooi dadelik in die voorbereide pan. Laat set in die yskas.
  4. Melksjokoladefudge: Volg dieselfde metode en gooi oor die wit sjokoladefudge. Laat set in die yskas.
  5. Smelt weer 200 g wit sjokolade, 125 ml kondensmelk en 30 g botter oor lae hitte. Roer tot gesmelt en blink. Eindig weer met ’n lagie wit sjokolade fudge. Laat in die yskas set. Keer uit en sny in ewe groot blokke.

 

Sjokoladefudge

Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n broodpan met ’n kapasiteit van 2 liter met bakpapier uit.

  1. Verhit die sjokolade, botter, suiker, room en koffie in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Roer tot die suiker opgelos is en alles gesmelt en glad is.
  2. Voeg die meel by die eiers en klits tot goed gemeng.
  3. Voeg die sjokolademengsel geleidelik by die eiermengsel. Klits deurentyd. Gooi die mengsel in die pan en sit in ’n dieperige bakplaat. Gooi water in die bakplaat tot die helfte van die broodpan in die water staan.
  4. Bedek met foelie. Bak vir 2 uur, verwyder die foelie en bak vir nog 30 min. Bepaal met ’n toetspen of die fudge gaar is. Sit in die yskas en laat heeltemal afkoel voor jy dit sny.

 

The artikel Sjokoladefudge het eerste in Rooi Rose verskyn.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button