Lifestyle
Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik? Hou jou foon só skoner
Het jy geweet daar kan meer kieme op jou foon wees as op ‘n toiletsitplek?
Jou selfoon is jou regterhand, maar navorsers het al ernstige bakterieë soos MRSA, Ecoli en Streptococcus op fone gekry.
Wetenskaplikes aan die Universiteit van Arizona in Amerika het bevind dat daar tien keer meer bakterieë op hoërskoolleerders se selfone as op toiletsitplekke was.
Hier is 4 goed wat jy kan doen om jou foon skoner te hou:
- Dis belangrik om jou foon veral in die winter gereeld af te vee omdat verkoue- en griepkieme op jou hande agterbly. Dit geld ook mense wat met die foon in die een hand eet.
- Was jou hande gereeld met seep en moenie jou foon in die badkamer uithaal nie.
- Goedkoop antibakteriese lappies is ideaal vir een keer per dag se skoonmaak. Of meng sestig persent water en veertig persent rubbing alcohol en vee jou foon daarmee af.
- Fone met ’n sagte rubberhulsel vergaar ook meer kieme.
Lees ook: Hoe om jou haarborsel behoorlik skoon te maak (en hoekom jy moet!)
Die artikel Hoe skoon is jou selfoon nou eintlik? Hou jou foon só skoner het eerste in Rooi Rose verskyn.



