Lifestyle

Salm-en-groente-frittata

Lipleklekker salm-en-groente-frittata

 

Genoeg vir 4

Bestanddele

  • ’n Hand vol baba-aartappels, in die skil gekook en middeldeur gesny
  • 100 g aspersies
  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • ’n groot hand vol babaspinasieblare
  • 100 g (1 vars filet) salm
  • 125 ml (½ k) baba-ertjies
  • 125 ml (½ k) ricottakaas
  • 15 ml (1 e) vars kruisementblare, ruweg gekap
  • 4 eiers
  • 160 ml vetvrye melk
  • sout en swartpeper
  • gerasperde skil van een suurlemoen

Metode

Skakel die oondrooster aan. Spuit ’n 20 cm-oondvaste pan met kleefwerende kossproei.

  1. Sit die aspersies vir ’n minuut in sterk kokende water en dompel dit onmiddellik in yskoue water.
  2. Soteer die baba-spinasie vir ±1 min. oor matige hitte in die verhitte olyfolie Hou eenkant.
  3. Braai die salmfilet in dieselfde pan aan albei kante tot gaar. Laat die salm afkoel en vlok dit met ’n vurk.
  4. Sit die aartappels, aspersies, spinasie, salm, ertjies, ricottakaas en kruisementblare in die pan.
  5. Klits die eiers en melk saam en geur met sout, swartpeper en suurlemoenskil en giet oor die groente. Verhit die pan stadig oor ’n matige hitte vir 8 – 10 min. tot die rande van die frittata geset is, maar die middel nog loperig is. Sit die pan onder die oondrooster tot die bokant geset is.
  6. Sit voor met ’n slaai en vars suurlemoenwiggies.

 

Die artikel Salm-en-groente-frittata het eerste in Rooi Rose verskyn.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button