12 vandag in Wes-Kaapse hof ná man se lyk op plaaspad gevind is
Die verdagtes in die Vivian Hartnick-saak staar aanklagte van ontvoering, huisroof en die besit van gesteelde goedere in die gesig.
Die vermeende ontvoerders/moordenaars van Vivian Hartnick (35) sal vandag in die Stilbaai-hof in die Wes-Kaap verskyn.
Suid-Kaap Forum berig Hartnick se liggaam is Woensdagmiddag op ‘n plaaspad naby Die Steg-rugbyveld gevind.
Volgens Sersant Chris Spies, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die Riversdal-polisie 12 verdagtes in verband met die dood van die oorledene in hegtenis geneem.
Daar is ook vier aanklagte, waaronder, huisroof, ontvoering, opsetlike beskadiging van eiendom asook vermoedelike besit van gesteelde goedere wat hulle in die gesig staar.
Die ondersoek duur voort.
Suid-Kaap Forum het vroeër berig dat Vivian se pa, Freddie, ‘n voormalige Hessequa-raadslid, bevestig het dat sy seun, wie eers as vermis aangemeld is, se liggaam gevind is.
Daar is onbevestigde gerugte wat die rondte doen dat sy dood verband hou met die dood van ‘n jong buitelandse burger.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.suidkaapforum.com