2 moorde binne ure van mekaar ruk Oudtshoorn

Twee jong mans, onderskeidelik 20- en 17-jaar-oud, is in hegtenis geneem ná twee mans aan steekwonde oorlede is.

Die speurders op Oudtshoorn ondersoek twee klagtes van moord na twee persone in twee afsonderlike voorvalle gisteraand en vanoggend vermoor is.

Volgens Sersant Chris Spies, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is ‘n 33-jarige man in die eerste voorval dood.

Die voorval het om 21:15 plaasgevind.

“Daar word beweer dat twee mans met mekaar geargumenteer het. Een is ‘n steekwond in die nek toegedien. Die slagoffer is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

‘n 20-jarige man is later in hegtenis geneem.

Die tweede voorval het om 02:45 vanoggend plaasgevind. Spies sê lede van die polisie is na ‘n toneel in die bosse naby Bella Rosastraat ontbied.

“Die polisie het ‘n man met ‘n steekwond in sy bors gevind. Paramedici het die man ook op die toneel dood verklaar.”

Spies sê oogegetuies op die toneel het gesê dat twee mans met mekaar baklei het toe die voorval gebeur het.

‘n 17-jarige is vir die moord in hegtenis geneem.

Beide verdagtes bly in aanhouding en sal in die hof verskyn sodra hulle aangekla is.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button