7 in Klerksdorp-landdroshof ná bejaarde se dood
Sewe verdagtes sal vandag in die hof verskyn nadat Chris Bossert (65) in sy huis aangerand en later dood is.

Sewe verdagtes sal vandag op aanklagte van moord en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, wat ‘n vuurwapen insluit, in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.
Twee van die vier is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle items, wat glo uit Chris Bossert (65) se huis gesteel is, by ‘n taxistaanplek probeer verkoop het. Hulle het na bewering die polisie na vyf ander verdagtes gelei, en dié is Vrydag in hegtenis geneem.
Bossert se vuurwapen is glo tydens die ondersoek by die verdagtes gekry.
Die voorval
Bossert is Woensdag by sy huis in Elandsheuwel, Klerksdorp, oorrompel en erg aangerand.
Lieutenant-Kolonel Amanda Funani, die plaaslike polisiewoordvoerder, sê drie persone het na bewering voorgegee hulle soek werk.
“Drie verdagtes, twee vroue en ‘n man, het by die slagoffer se huis opgedaag en gemaak of hulle werk soek. Hulle het die slagoffer, wat alleen gebly het, na bewering oorval en met ‘n onbekende voorwerp aangerand.”
Volgens Funani het nog vier mense toe saam met die ander drie die huis betree en geplunder. Verskeie huishoudelike items is gesteel voordat hulle van die toneel gevlug het.
“Die gemeenskap het die polisie ontbied en die polisie het die man dood aangetref.”
Read original story on www.citizen.co.za