Bejaarde man kritiek ná plaasaanval naby Groot-Brakrivier

Plaaslike polisie sê die soektog na die aanvallers, sowel as die man se Opel Astra, duur voort.

‘n Bejaarde man is in ‘n kritieke toestand nadat hy op ‘n plaas buite Groot-Brakrivier naby Reebokfontein aangeval en beroof is.

Provinsiale polisiewoordvoerder Sersant Lauriane Botha sê die vermoede bestaan dat die slagoffer, wat in sy 70’s is, Sondag deur die loop van die dag aangeval is. Die presiese tyd van die aanval is egter nog nie bekend nie.

‘n Buurman, wat gisteroggend ‘n afspraak met die eienaar van die plaas gehad het, het op die toneel afgekom. “Die buurman het gesien dat die motorhuis en die agterdeur oop staan en het toe op die bebloede slagoffer in die huis afgekom.”

Die slagoffer het ‘n ernstige kopbesering opgedoen. Die man se wit Opel Astra is gesteel en word steeds vermis. Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek ‘n saak van huisroof.

Dit is nog nie bekend hoeveel aanvallers by die voorval betrokke was nie. Die slagoffer woon alleen op die plaas.

Enigeen met inligting kan die ondersoekbeampte in die saak, Sersant Ferdi Nel, op 079 893 9943 skakel.

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button