Bekende fiskheidsinstrukteur van Mbombela met mes in maag gesteek

Die 39-jarige man het na bewering ondersoek gaan instel nadat hy in die vroeë oggendure 'n lawaai in die tuin gehoor het, waar hy in 'n stryery betrokke geraak het.

‘n Bekende fiksheidsinstrukteur van Mbombela sterk in die Mediclinic Nelspruit aan nadat hy in die vroeë oggendure van Dinsdag met ‘n mes in die maag gesteek is.

Jannie Ferreira (39), ‘n voormalige werknemer van Virgin Active wat deesdae by Reboot Health and Fitness as instrukteur werk, het omstreeks 02:00 glo sy vrou, Bianca, wakker gemaak om te sê hy hoor ‘n lawaai in die tuin. Die egpaar woon in Percy Fitzpatrickstraat.

Volgens Laevelder se bron is Jannie na buite om ondersoek te gaan instel. Bianca het kort daarna gehoor hoe Jannie skree en in ‘n stryery met iemand betrokke was.

“Hy het gegil en ek kon hoor dat hy met iemand slaags geraak het,” sê Bianca. Sy was te bang om na buite te gaan en het na hom geroep. Hy het aangestap gekom en sy het bloed aan sy hemp gesien. ‘n Ambulans het hom na Mediclinic toe geneem.

“Hy is pas na die teater toe dat hulle vas kan stel of hy enige inwendige beserings opgedoen het,” sê sy.

Die polisie het die voorval bevestig en gesê dat ‘n saak van poging tot moord ondersoek word.

 

Read original story on lowvelder.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button