Eers vermis, nou van diefstal aangekla: 2 Maandag in Klerksdorp-hof

Eers was hulle gesoek nadat hulle nie na hulle werksplek teurggekeer het nie, maar nou staar twee kollegas diefstal klagte in die gesig.

Die twee Klerksdorpse kollegas wat aanvanklik vermis was en toe deur die polisie in Klerksdorp, met die hulp van waaksame gemeenskapslede, ongedeerd in Kempton Park opgespoor is, sal Maandag, 18 Augustus, weer voor die hof in Klerksdorp verskyn.

Christiaan van Blerk (34) en Donovan van der Walt (25) is aangekla van diefstal van ‘n motorvoertuig en kontant, het polisiewoordvoerder Kolonel Adéle Myburgh aan Parys Gazette bevestig.

Myburgh het ook bevestig dat die mans steeds in aanhoudig is nadat hulle verlede Donderdag in hegtenis geneem is, en verlede Vrydag vlugtig in die Klerksdorpse landdroshof verskyn het.

‘n Soektog na die twee is landwyd van stapel gestuur nadat hulle op 14 Julie spoorloos verdwyn het. Hulle was die betrokke oggend nog by hulle werksplek by Afrikaner Plot in Meiringspark, Klerksdorp, gesien.

Die mans het die perseel verlaat in ’n maatskappyvoertuig – ’n wit Toyota Hilux Raider-bakkie, om onderdele in die Klerksdorp industriële gebied te gaan haal. Hulle het egter nooit teruggekeer nie en is deur hulle werkgewer as vermis aangemeld.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button