Egiptenaar uitgebuit en aangerand: Man wéér in Oudtshoorn-hof verwag

‘n Wes-Kaapse man sal more in die hof verskyn op 'n klag van mensehandel nadat 'n man van Egipte met die belofte van werk na Suid-Afrika gelok is.

‘n Sewe-en-twintigjarige man sal na verwagtig more in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn nadat hy vandag in hegtenis geneem is op aanklagte van mensehandel. ‘n Lasbrief vir sy in hegtenisname is uitgevoer volgens Oudtshoorn Courant.

Volgens die Valke woordvoerder, Luitenant-Kolonel Siyabulela Vukubi, volg die arrestasie op inligting wat ontvang is oor ’n moontlike slagoffer van mensehandel in Oudtshoorn in die Wes-Kaap.

“Noukeurige ondersoekwerk deur die Valke het aan die lig gebring dat die slagoffer glo deur die verdagte gelok is om van Egipte na Suid-Afrika te reis. Hy was werkloos. Die verdagte het na bewering aangebied om hom in Suid-Afrika in diens te neem.”

Vukubi sê dat die verdagte met die slagoffer se aankoms in die land sy reisdokumente na bewering gekonfiskeer het. Daar word verder beweer dat die slagoffer sonder vergoeding vir die verdagte moes werk en dat hy aangerand is.

Die verdagte sal na verwagtig more sy eerste verskyning in die Oudtshoorn-landdroshof maak.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.
Back to top button