Klein Karoo vrou gearresteer vir moord op man

’n Bakleiery tussen ’n man en ’n vrou het een dood en nog een agter tralies gelaat.

‘n Vrou van Calitzdorp in die Wes-Kaap is in verband met die moord op ‘n 34-jarige man in hegtenis geneem.

Die Oudtshoorn Courant het verneem dat die oorledene Rumano Volmink is.

Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die voorval om 19:45 in 9de Laan, Bergsig plaasgevind.

“Daar word beweer dat die man en vrou met mekaar baklei het, waarna die vrou die man met ‘n mes gesteek het. Die slagoffer is in die bors gesteek en is op die toneel dood verklaar.”

Spies het verder gesê dat die vrou aangehou sal word tot sy môre in die hof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ally Cooper

Passionate storyteller with over 30 years’ experience as a journalist, editor, proofreader, content creator, social media manager and public relations and media liaison specialist.
Back to top button