Kyk: Gewapende roof verdagtes in Noordwes in verkeersvoertuig gemoker

Sosiale media gons weens 'n video waarin twee mans wat van 'n gewapende roof in Klerksdorp beskuldig word, deur gemeenskapslede aangeval word.

Twee gewapende roof verdagtes is in hegtenis geneem nadat inwoners reg in eie hande geneem het en die mans binne ‘n verkeersvoertuig gemoker het.

Volgens Potchefstroom Herald word die verdagtes glo met ‘n gewapende roof in Klerksdorp verbind.

Die polisie in die Noordwes het met groot kommer kennis geneem van ‘n video wat op verskeie sosiale mediaplatforms sirkuleer wat wys hoe iemand in ‘n verkeersvoertuig aangeval word.

Die voorval het glo Maandag plaasgevind en dit was egter nie ‘n verkeersbeampte wat aangeval is nie.

Polisiewoordvoerder Kolonel Adéle Myburgh sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die voorval op die R503 tussen Klerksdorp en Hartbeesfontein plaasgevind het. Dit volg op ‘n beweerde gewapende rooftog wat plaasgevind het kort voordat die video opgeneem is.

“Daar word beweer dat twee manlike verdagtes, onderskeidelik 44 en 26 jaar oud, wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n gewapende roof gepleeg het, deur lede van die publiek in hegtenis geneem is. Die verkeersbeampte, wat patrolliewerk gedoen het, is deur gemeenskapslede voorgekeer en die verdagtes, wat agternagesit is, het in ‘n verkeersvoertuig gevlug vir beskerming. Hul agtervolgers het hulle toe binne die verkeersvoertuig aangeval.”

Sy noem dat die verkeersbeampte die polisie ontbied het en dat die gemeenskapslede van die toneel gevlug het. Die twee verdagtes, wat erg aangerand is, is onder polisiebewaking na die hospitaal geneem.

‘n Vuurwapen met ammunisie, wat vermoedelik gebruik is tydens die gewapende roof, is ook aan die verkeersbeampte oorhandig.

Myburg gaan voort om te sê die verdagtes bly onder polisiebewaking terwyl hulle mediese behandeling ontvang.

“Die vuurwapen en ammunisie is as deel van die ondersoek gekonfiskeer. Dié twee sal voor die Klerksdorp-landdroshof verskyn op aanklagte van gewapende roof en vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen met ammunisie, sodra hulle uit die hospitaal ontslaan word. Die 26-jarige verdagte sal ook aangekla word van die oortreding van Artikel 49 van die Immigrasiewet 13 van 2002.”

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval, insluitend die gebeure wat in die video uitgebeeld word. Verdere stappe sal geneem word in gevolge met die uitkoms van die ondersoeke.

Kru-taal en grawiese inhoud waarskuwing: Die volgende video kan sensitiewe kykers ontstel


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button