Laerskool onderwyser in Mosselbaai-hof oor beweerde seksuele wandade

Hy is by die skool gearresteer en toe deur polisie na sy huis vergesel waar hulle op bewysstukke beslag gelê het.

‘n Laerskool onderwyser verskyn vanoggend in die Mosselbaai-landdroshof nadat hy Woensdag by die skool deur die polisie op aanklagte van verkragting, seksuele gereedmaking en seksuele aanranding in hegtenis geneem is.

Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe het daarna die verdagte (43) na sy woning vergesel waar hulle onder meer op elektroniese toerusting beslag gelê het.

Hy het Woensdag- en Donderdagaand in die aanhoudingselle geslaap.

Polisiewoordvoerder sers. Chris Spies sê die beweerde dade het tussen 2019 en 2020 by verskeie persele in Mosselbaai gebeur.

“Die ondersoek duur voort en meer aanklagte mag dalk later by die klagstaat gevoeg word soos die ondersoek ontvou.”

Die man se identiteit kan nie bekend gemaak word totdat hy gepleit het nie en kan ook nie bekend gemaak word indien dit slagoffers direk of indirek sal identifiseer nie.

 

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button