Man in Oudtshoorn-hof verwag ná vrou op Kersdag sterf

'n Ondersoek wat van stapel gestuur is ná die grusame moord op 'n 47-jarige vrou, het tot 'n 41-jarige man se inhegtenisname gelei.

Oudtshoorn-polisie het ‘n 41-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op Francine Meyer (47).

Volgens Oudtshoorn Courant het Adjudant-Offisier Chris Spies, die polisiewoordvoerder vir die Suid-Kaap, gesê polisie is gister omstreeks 15:00 na die Oudtshoorn-hospitaal ontbied.

“Met hul aankoms het hospitaalpersoneel die lede verwys na Meyer, wat met oop wonde aan haar kop en nek in die hospitaal opgeneem is. Sy is kort daarna deur mediese personeel aan diens dood verklaar,” het Spies gesê.

Verdere ondersoek het die polisie na Matjiesrivier gelei, waar die toneel vir moontlike leidrade deursoek is. Die verdagte is in hegtenis geneem en is tans in polisie aanhouding.

Daar word verwag dat hy Maandag in die Oudtshoorn-landdroshof sal verskyn op ‘n aanklag van moord.

Die ondersoek duur voort.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Back to top button