Man van Wes-Kaap in hof ná hy glo seks met hond het
Ooggetuies het aan polisie rapporteer dat hulle gesien het hoe die man met sy vriend se hond seks gehad het.
‘n 66-jarige man van Heidelberg in die Wes-Kaap het vandag sy eerste verskyning in die plaaslike landdroshof gemaak.
Hy word aangekla van bestialiteit nadat hy gistermiddag deur polisiebeamptes van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in hegtenis geneem is.
Die man het na bewering met sy vriend se hond seks gehad.
Ooggetuies het die voorval gesien en dit aan die polisie gerapporteer.
Die hond, ‘n teef, is gekonfiskeer en is tans by die dierebeskermingsvereniging (DBV) op Swellendam.
Die uitkoms van sy hofverskyning was teen die tyd van publikasie nie beskikbaar nie.
Read original story on www.mosselbayadvertiser.com