Minderjarige in Oudtshoorn-hof verwag ná jong seun se moord

‘n Ondersoek wat van stapel gestuur is nadat Denzil 'Sergo' Boeta Prins se liggaam gevind is, het gelei tot die inhegtenisname van ‘n 14-jarige seun.

‘n 14-Jarige seun sal na verwagting vandag in die Oudtshoorn-landroshof op ‘n klag van moord verskyn.

Oudtshoorn Courant berig die inhegtenisname volg nadat ‘n lyk gister om 21:30 in Bongolethu buite Oudtshoorn gevind is.

Volgens Suid-Kaapse polisiewoordvoerder Adjudant-Offisier Chris Spies was lede onderweg met patrollie in Petunia- en Dreamglowstraat in Bongolethu toe hulle op die liggaam afgekom het.

“Die slagoffer het ‘n meswond aan sy bors gehad en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.”

‘n Moorddossier is geopen en die ondersoek het gelei tot die inhegtenisname van ‘n 14-jarige seun. Dit het intussen bekend geraak dat die oorledene wyle Denzil ‘Sergo’ Boeta Prins was. Oudtshoorn Community Against Crime ondersteun die familie en beoog ‘n kranslegging later in die week.

Die minderjarige seun is geskeduleer om op ‘n klag van moord te verskyn.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Back to top button