Moord op Wes-Kaapse man: Inwoners omgekrap toe 12 verdagtes op ander dorp verskyn
Verdagtes wat volgens polisie in Stilbaai sou verskyn het toe hulle opwagting in Riversdal gemaak.
Groot ontevredenheid het vanoggend in beide Stilbaai en Riversdal in die Wes-Kaap geheers toe dit bevestig was dat die 12 verdagtes wat met die aanval en moord van Vivian Hartnick (35) in hegtenis geneem is, eintlik in die landdroshof op Riversdal verskyn.
Suid-Kaap Forum berig daar is gister deur die plaaslike polisie aan sy ouers gesê dat dié verdagtes op Stilbaai (ongeveer 40km verder) sou verskyn.
Die verdagtes, tussen die ouderdom van 23 en 35, het vlugtig onder groot polisie-begeleiding in die Riversdal-landdroshof verskyn waarna die saak tot Woensdag uitgestel is. Hulle bly in aanhouding.
Die oorledene is vroeër die week vanaf sy ouerhuis ontvoer en vermoedelik vermoor, waar sy liggaam Woensdagmiddag verlate op ‘n plaaspad gevind was.
Groot ontevredenheid het buite die hof geheers onder die hordes inwoners.
- Suid-Kaap Forum het vroeër berig dat Vivian se pa, Freddie, ‘n voormalige Hessequa-raadslid, bevestig het dat sy seun, wie eers as vermis aangemeld is, se liggaam gevind is.
- Daar is onbevestigde gerugte wat die rondte doen dat sy dood verband hou met die dood van ‘n jong buitelandse burger.
Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.
Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.
Read original story on www.suidkaapforum.com