Pa skuldig aan aanrading van 3-jarige in die Karoo

'n Man wat sy kind met klippe gegooi en gestamp het is deur die streeklanddros nog een kans gegun om buite die tronk te rehabiliteer.

’n 53-jarige man van Ladismith in die Karoo, wat sy driejarige kind met klippe gegooi en gestamp het dat die kind op sy mond geval het, is in die plaaslike streekhof aan aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig bevind en tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis.

Volgens Oudtshoorn Courant, het die pa gesê die kind het hom gevloek.

Die pa het skuldig gepleit en verduidelik dat hy en die kind se ma die betrokke aand saam met vriende gekuier het toe die voorval gebeur het.

Almal het baie groot geskrik toe die kind se lip erg begin bloei het, waarna sy ma die saak by die polisie aangemeld het.

Volgens die getuienis het hy vir die kind en die ma om verskoning gevra.

Roekelose optrede

Volgens die staatsaanklaer, Nadia Arnolds, het hy roekeloos opgetree en kon dit veel erger gewees het.

Streeklanddros Daniel Boks het met vonnisoplegging gesê ’n kind bly ’n kind en het die pa nog een kans gegee om buite die tronk te rehabiliteer.

Die pa is tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis wat voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is en drie jaar korrektiewe toesigvonnis, wat 24 uur per dag in huisarres behels, behalwe vir kerk- en werkdoeleindes. Hy moet hom ook weerhou van die gebruik van alkohol en dwelms en is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Garnett Wicomb

Hierdie berig is deur 'n joernalis van Oudtshoorn Courant geskryf.
Back to top button