Plaaseienaar oorlede ná njala hom gaffel buite Potchefstroom

Hy is weens beserings wat hy in die hierdie fratsongeluk opgedoen het oorlede.

‘n Plaaseienaar (36) van Boschhoek, ongeveer 35km vanaf Potchefstroom, is Donderdagaand deur een van sy eie njala-bokke gesteek. Die insident het glo gebeur toe die man wild wou vervoer.

Die man is ná die voorval oorlede.

Die man is na Potchefstroom gehaas vir mediese hulp. Nooddienste het die man halfpad tussen Potchefstroom en die plaas op die N12 ontmoet en die man probeer resussiteer, maar was onsuksesvol.

Fochville stasiebevelvoerder, Lt.kol. Kgomotso Netshitangani het die voorval bevestig en genoem dat ‘n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur is.

Die man se familie moet nog sy liggaam identifiseer voordat sy identiteit bekendgemaak kan word.

Read original story on potchefstroomherald.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Andrea van Wyk

Caxton’s Digital Editorial Manager. I am a journalist and editor with experience spanning over a decade having worked for major local and national news publications across the country and as a correspondent in the Netherlands. I write about most topics with a special interest in politics, crime, human interest and conservation.
Back to top button