Polisie lê beslag op R42 000 se onwettige sigarette

In nog 'n deurbraak is 'n 28-jarige man vir besigheidsroof in Parys gearresteer.

‘n Buitelandse egpaar tussen die ouderdom van 23 en 34 jaar is Saterdag in Sasolburg gearresteer vir die besit van onwettige sigarette.

Polisiewoordvoerder Sersant Josephine Rani sê hoofwegpatrollielede van Sasolburg het die R82 gepatrolleer waarop hulle ‘n wit Nissan NP 200 bakkie onder verdagte omstandighede opgemerk het. Polisielede het die bakkie voorgekeer en deursoek waarop 3 500 geseëlde pakkies onwettige sigarette ter waarde van R42 000 gekry is.

Die bestuurder van die voortuig het glo nie wettige dokumentasie gehad om in die land te kan wees nie.

Die egpaar sal vandag voor die Sasolburgse landdroshof verskyn, het  Rani gesê.

In ‘n afsonderlike voorval is ‘n 28-jarige man Donderdag deur lede van Tumahole Misdaadvoorkoming in samewerking met die Trio-taakspan in Parys gearresteer nadat polisielede inligting ontvang het dat die verdagte gesoek word vir beweerde betrokkenheid by ‘n besigheidsroof.

Die man sal vandag in die landdroshof in Parys verskyn, het Rani gesê.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ally Cooper

Passionate storyteller with over 30 years’ experience as a journalist, editor, proofreader, content creator, social media manager and public relations and media liaison specialist.
Back to top button