‘Prominente’ pa van Oudtshoorn weer in hof vir verkragtingsaak

'n 'Prominente figuur in die publiek' word van die verkragting van 'n 15-jarige meisie aangekla.

Die saak teen ‘n 46-jarige man wat van verkragting van ‘n 15-jarige meisie aangekla word is gister in die Oudtshoorn-landdroshof tot 25 Maart uitgestel omdat die polisieondersoek nog nie voltooi is nie.

Die beskuldigde, ‘n pa van drie kinders, het volgens ondersoekbeampte Adjudant-Offisier Michael Kock die klaer die aand van 18 Januarie in sy motor gelaai en gesê dat hy oor ‘n video van haar en haar kêrel beskik. Hy het glo gedreig dat hy dit aan haar pa sou wys, maar in ruil vir seks sal uitwis.

Sy het geweier en toe sy wou uitklim het hy haar glo gegryp, gesoen en haar seksueel aangerand.

Landdros Stephanie Strydom het verlede maand borgtog aan die verdagte geweier omdat dit nie in belang van geregtigheid sal wees nie.

Volgens Strydom het hy hom in sy borgtogaansoek weerspreek en wat verswarend is, is die feit dat hy ‘n prominente figuur in die publiek is wat met jongmense soos die klaer werk.

Read original story on www.oudtshoorncourant.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button