Rassisme-ondersoek by Roodepoort-skool: 3 onderwysers tydelik verwyder

'n Skoolhoof en twee onderwysers is as voorsorgmaatreël van Laerskool Dr Havinga verwyder hangende 'n ondersoek.

Die onderwysdepartement in Gauteng het bevestig dat drie personeellede van Laerskool Dr Havinga in Roodepoort drie weke gelede as voorsorgmaatreël van die skool verwyder en tydelik by die departement se distrikkantoor ontplooi is.

Dit volg op aantygings van rassisme teen twee onderwysers en die skoolhoof. Die Roodepoort Record het die skool om kommentaar genader en is na die onderwysdepartement sowel as die beheerliggaam verwys.

Volgens die departement se woordvoerder, Steve Mabona, is die departement diep bekommerd oor die aantygings.

“Senior amptenare is na die skool ontbied om die feite rondom die aantygings te ondersoek. Ons moet klem lê daarop dat die personeellede nie geskors is nie. Hulle is bloot herontplooi terwyl die ondersoek voltooi word.”

Mabona het bygevoeg dat die departement se psigo-sosiale eenheid ook na die skool ontplooi is om diegene wat deur die beweerde insidente geraak is, by te staan.

“Die departement veroordeel enige vorm van wangedrag of rassisme en sal nie skroom om op te tree indien die aantygings waar bewys word nie. Terselfdertyd vra ons leerders om saam met ons te werk om die situasie te ontlont en die ondersoek kans te gee om sonder inmenging sy gang te gaan.

“Ons doen ‘n beroep op onderwysers om hulle nie skuldig te maak aan wangedrag nie, om op onderrig en leer te fokus, en deur voorbeeld te lei.”

Die Record wag nog vir die beheerliggaam se terugvoer.

Volgens ’n anonieme bron by die skool is die aantygings teen die onderwysers en die hoof ongegrond en spruit dit bloot uit normale dissiplinêre aksie wat toegepas is.

Die betrokke leerder is glo oor afwesigheid, laatkom en aanhoudende swak gedrag aangespreek. Die leerder se ma is volgens die skool se normale prosesse genader, waarna sy die onderwysers onder andere deur selfoonboodskappe begin dreig het.

Die ouer het glo tydens ’n vergadering op 4 Augustus een van die onderwysers aangerand en kort daarna die aantygings van rassisme gemaak.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "
Back to top button