Seksuele uitbuiting en mensehandel saak in George: Tweede verdagte gearresteer

Dae nadat ‘n bekende politikus van George gearresteer is, het die polisie ‘n vrou wat na bewering familie van die slagoffer is, gearresteer.

Die polisieondersoek na ernstige aantygings van mensehandel, verkragting en seksuele uitbuiting teen ’n welbekende politikus (58) in George het ’n nuwe wending geneem met die arrestasie van ’n tweede verdagte, berig George Herald.

AO Chris Spies, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die arrestasie bevestig. 

’n 46-jarige vrou is Donderdagaand aangekeer op aanklagte van mensehandel en seksuele uitbuiting van ’n kind. 

“Sy bly in polisie-aanhouding en sal na verwagting Maandag (20 April) haar eerste verskyning in die George-landdroshof maak,” sê Spies.

George Herald het betroubaar verneem dat dié verdagte ‘n nabye familielid van die  vermeende slagoffer is. Haar arrestasie volg twee dae na die inhegtenisname van die politikus van George. 

Die politikus, tans ’n lid van die provinsiale wetgewer, is Dindsdag (14 April) in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van verkragting, seksuele uitbuiting van ’n kind en mensehandel. 

Hy is tans in aanhouding en verskyn weer Dinsdag in die hof vir ’n formele borgtogaansoek.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.georgeherald.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

George Herald

Die George Herald is ’n prominente plaaslike koerant en aanlyn nuusplatform wat in George in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, gebaseer is.
Back to top button