Sekuriteitsbeampte per ongeluk by fees buite Potchefstroom geskiet

'n Sekuriteitsbeampte is per ongeluk geskiet tydens 'n ander beampte se poging om sy vuurwapen by die Potch Geesfees veilig te maak.

‘n Sekuriteitsbeampte het oor die naweek per ongeluk ‘n ander sekuriteitsbeampte by die Potch Geesfees, net buite Potchefstroom, raakgeskiet toe hy glo sy vuurwapen wou beveilig.

Volgens CB Security, was een van hulle beamptes, wat Saterdag by die Geesfees gewerk het, op pad om van diens af te gaan toe hy en ‘n ander beampte van Cross Border Protection ‘n gesprek gehad het.

CB Security se beampte het in die maatskappy voertuig gesit en die ander beampte het buite die voertuig gestaan toe hy glo sy 9mm-maatskappy-vuurwapen begin veilig maak het, berig Potchefstroom Herald.

Tydens hierdie aksie is die vuurwapen glo per ongeluk afgevuur en CB Security se beampte in die bo-been getref. Die beampte is na ‘n nabye Mediclinic vir behandeling geneem.

Kolonel Adéle Myburgh, ‘n plaaslike polisiewoordvoerder, het bevestig ‘n saak van die afvuur van ‘n vuurwapen word ondersoek nadat ‘n sekuriteitswag Saterdagaand by Lekwena Lodge besig was om sy vuurwapen veilig te maak. “Die vuurwapen is afgevuur en ‘n ander 31-jarige sekuriteitsbeampte, is in sy been geskiet,” het Myburgh gesê.

CB Security het verduidelik dat CB Security en Cross Border Protection nie dieselfde maatskappy is nie en dat die insident net ‘n ongeluk was.

Eldrick Jordaan, een van die direkteure van Cross Border Protection, sê die maatskappy het alle stappe van hulle kant af geneem om te verseker die regte prosedure word gevolg.

“Ons het die saak by die polisie aangemeld en ons beampte se vuurwapen ingeneem. Hy gee ook sy volle samewerking in dié verband.”

Jordaan vertel die twee mans was kollegas by ‘n vorige maakskappy, het mekaar geken en was vriende.

“Ek was self by die Geesfees as ‘n gas en die hele fees was ‘n reuse-sukses. Alles het glad verloop en almal het hulself baie geniet. Dit is hartseer dat ‘n ongeluk die fees op so ‘n nooit laat eindig het. Ek wil nie hê dit moet ‘n demper op die fees sit nie want die fees is vir ‘n goeie doel en beteken baie vir ons gemeenskap.”

Elbé Visagie, die organiseerder van die Geesfees, sê die insident word tans deur die polisie en die twee maatskappye hanteer.

“Dit is die eerste en enigste insident wat ons nog ooit by die Geesfees gehad het en dit was regtig net ‘n ongeluk. Ons wil nie hê die ongeluk moet die moeite, gees en die goeie werk wat ons terugploeg in die gemeenskap in, oorskadu nie.”

Die Geesfees wat vanaf Vrydag tot Saterdag plaasgevind het was ‘n reuse-sukses. Tussen 3 500 en 4 000 feesgangers het die geleentheid bygewoon.

“Die Geesfees se doelstelling is om in samewerking met sakelui van die dorp, die winste van die fees terug te ploeg in ons gemeenskap in. Ons wil ‘n volhoubare projek aanpak wat skoonmaak en regmaak sodat ons ons dorp een kan maak en hou om op trots te wees,” sluit Visagie af.


 

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button