Sukses met volmaan: Perlemoenstropers in Jeffreysbaai vasgetrek

Perlemoenstropers is gewoonlik meer aktief tydens volmaan en taakspanlede het hulself daarom op die tyd toegespits.

Twee beweerde perlemoenstropers is tussen gisteraand en vanoggend in hegtenis geneem ná sowat 174 perlemoen gekonfiskeer is.

Die arrestasie volg ná sowat 30 stropers opgemerk is in ‘n operasie wat tydens volmaan langs die kus geloods is.

‘n Taakspan, bestaande uit die Jeffreysbaai-polisie, die departement van seevisserye, Kouga-munisipaliteit se wetstoepassingseenheid, die veediefstaleenheid en Paradysstrand-buurtwag, is geaktivieer.

Tydens die operasie is lede van Kouga se perlemoen-taakspan, bygestaan deur National Vehicle Information Cloud (Navic) en ‘n ondersoek geloods in die gebiede waar perlemoenstropery voorkom. Tydens volmaan is daar gewoonlik meer aktiwiteit.

Lede van die departement van seevisserye was gereed met ‘n rubberboot om stropers in  diepsee te verras.

‘n Hoë sigbaarheidsbenadering is aanvanklik gebruik om verdagte voertuie wat deur die gebied beweeg, te monitor.

Volgens Jeffreysbaai-polisie se kaptein Dominique Doubell van die Sigbare Polisiëringseenheid (Vispol), is daar tydens die ondersoek sowat 30 stropers opgemerk, en seevisserye kon inbeweeg en twee stropers is suksesvol in hegtenis geneem.

Read original story on www.graaffreinetadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button