Videos: Minister spreek kommer uit oor militêre opleiding aan Libiërs

Talle vrae hang steeds oor die land se intelligensiedienste weens die ‘regering se onkunde oor militêre opleiding aan Libiërs’.

Die VF Plus se leier en Minister van Korrektiewe Dienste, Dr Pieter Groenewald, het vandag sy kommer oor die militêre opleiding wat glo aan 95 Libiërs in ’n private Laeveldse opleidingskamp gegee is, en veral oor die regering se ‘klaarblyklike onkunde daaroor’, uitgespreek.

In ’n polisieklopjag verlede week is 95 Libiese burgers wat vermoedelik militêre opleiding onder die dekmantel van sekuriteitsopleiding ontvang het, in hegtenis geneem.

In ’n persverklaring het Groenewald gesê dat dit boonop kom nadat die Internasionale Finansiële Aksietaakmag Suid-Afrika verlede jaar op die gryslys geplaas het van lande wat nie sterk genoeg teen geldwassery en terrorisme optree nie.

@lowvelder

A high-profile police delegation led by Police Minister Senzo Mchunu visited the facility, and provided some feedback about what they had found there. Read more more on Lowveld media website. #mpumalanga nelspruit militarybase

♬ original sound – Lowveld Media – Lowveld Media

“Ek het in die onlangse verlede verskeie vrae in die parlement gevra oor die militêre opleiding wat buitelandse groepe in Suid-Afrika ontvang, veral in die Oos-Kaap. Die antwoord hierop was telkens ontkennend. Die Witrivier-voorval bied nou onomstootlike bewyse dat dit wel die geval is en dat die regering straks iets het om weg te steek oor dié aangeleentheid. Met die opstande in Julie 2021 in KwaZulu-Natal het die VF Plus gewaarsku dat die land se intelligensiedienste nie op standaard is nie en dat dit opgeknap moet word. Dit het klaarblyklik nog nie gebeur nie.”

Die beskuldigdes word nommers toegeken.

“Om toe te laat dat buitelanders militêre opleiding in Suid-Afrika ontvang en dat dit moontlik met terrorisme verbind kan word, tas die territoriale integriteit van die land ernstig aan. Luidens ’n berig in die Daily Maverick van 28 Julie (Libyans arrested at SA security training firm linked to group which once tried to topple UN-backed Tripoli government) word die 95 persone verbind met ’n groep wat onstabiliteit in Afrika teweeg wil bring. Indien daar nie vinnig klarigheid oor hierdie aangeleentheid kom nie, sal die mense van Suid-Afrika kan eis dat koppe moet rol. Suid-Afrika kan nie ontaard in ’n opleidingsbasis vir internasionale terreurgroepe wat die burgers van die land se veiligheid bedreig nie,” het Groenewald gesê.

@lowvelder

UPDATE: The 95 Libyan nationals who are expected to appear in the White River Magistrate’s Court today, have not. Lowvelder will update its readers as the court proceedings unfold. This is what the National Prosecuting Authority’s provincial spokesperson, Monica Nyuswa, has to say at the moment: #lybia🇱🇾 #lybian #whiteriver #hawks

♬ original sound – Lowveld Media

Die saak is Maandag in die Witrivier-landdroshof tot volgende Maandag uitgestel, sodat ’n Arabiessprekende tolk bekom kan word. Die 95 beskuldigdes word ook die geleentheid gegee om ’n regsverteenwoordiger te kry.

@lowvelder

UPDATE: The 95 Libyan nationals who are expected to appear in the White River Magistrate’s Court today arrived and were immediately sent to the White River Police Station. The Mpumalanga police had recently raided their alleged illegal military camp outside White River. It is alleged that the detainees entered the country using false visas. Lowvelder will update its readers as court proceedings unfold.#mpumalanga #libyan

♬ original sound – Lowveld Media

Die ondersoek duur intussen voort.

Die eienaars van die opleidingsentrum het by navraag gesê hulle gee hulle volle samewerking tydens die ondersoek, en wil geen verdere kommentaar lewer nie.

@lowvelder

UPDATE: The Mpumalanga police spokesperson, Colonel Donald Mdhluli, gives an update on the investigation into the owner of the alleged military camp outside White River, in which 95 Libyan nationals were found training on Friday July 26. Lowvelder will update its readers as the story unfolds.

♬ original sound – Lowveld Media

 

Die Witrivier-landdroshof is propvol.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button