Vrou wat glo drie keer oor man ry van moord aangekla in Mpumalanga

Leon Jansen van Rensburg is Saterdag op sy kleinhoewe doodgery en Samantha Gauche word van sy moord beskuldig.

’n 35-jarige vrou wat na bewering drie keer met haar motor oor ’n 50-jarige inwoner van Modderoos Boorde by Sundra, Mpumalanga, gery het, is tans in polisie-aanhouding.

Samantha Gauche het op Maandag in die Delmas-landdroshof verskyn waar sy tot volgende Maandag moet wag om vir borgtog aansoek te doen.

Sy word daarvan aangekla dat sy Saterdag omstreeks 14:00 vir Leon Jansen van Rensburg op sy kleinhoewe doodgery het. Volgens die polisie op Sundra is daar glo drie keer oor hom gery.

Gauche het verder glo van die toneel weggejaag, maar het kort daarna beheer oor haar voertuig verloor en teen ’n boom gebots. Sy het van die toneel gevlug, maar ’n tuinier wat die gebeure dopgehou het, het alarm gemaak en Guache is voorgekeer.

Jansen van Rensburg se gru-dood het skokgolwe deur die gemeenskap van Delmas, Sundra en Eloff gestuur.

Streeknuus het intussen met Jansen van Rensburg se dogter, Shenique, in aanraking gekom en sy het haar skok oor haar pa se skielike en onnodige dood uitgespreek.

Jansen van Rensburg se vrou, Hettie, is intussen ook in die hospitaal opgeneem waar sy vir skok behandel word.

Read original story on ridgetimes.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button