Oumas bederf met gunsteling komedie
'n Groep oumas is onlangs met 'n ontbyt en fliek bederf.
‘n Groep oumas is onlangs ‘n blaaskans gegun met ‘n heerlike ontbyt en ‘n vertoning van een van Suid-Afrika se gunsteling komedies.
Die oumas van die Louise Trichardt ouetehuis in die weste van Pretoria is onlangs trakteer met ‘n prettige dag uit.
Die dames het vertrek na die Kolonnade winkelsentrum en het hulle dag begin met ‘n ontbyt en daarna het hulle die kans gekry om die nuwe Afrikaanse komedie, Bakgat 3, te geniet.
Die projek wat aangebied is deur Helpende Hand, vorm deel van die organisasie se Ouma en Oupa projek en is ‘n inisiatief om die publiek aan te moedig om hulle deel te doen vir bejaardes.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.