Minnesanger Hannes sing uit die hart

'n Aand gevul met musiek wat ieder en elk se hartsnare sal pluk vind eersdaags by die Pierneefteater plaas.

Wanneer ’n mens die term “minnesanger” naslaan, kom jy agter dat dit ’n ryk tradisie van lied en liriek saamweef.

So definieer Hannes van Tonder homself en sy nuwe CD beam hierdie stelling.

Van Tonder verduidelik dat op sy nuwe album, Somerliefde, sy besonderse stem die luisteraar sal laat regop sit.

“Ja, daar is ’n sterk herinnering aan Bles Bridges in die klank en toon vir dié wat dit sou opmerk.”

Volgens hom is ’n sanger meer as net iemand wat lirieke vertolk.

“Hy moet ook kan vermaak, die luisteraar kan intrek en laat meeleef.”

Van Tonder is te sien by die Pierneefteater op 27 Oktober.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button