Kersklanke klingel by Pierneefteater

Kersklanke is terug in Pretoria vir 20ste jaar.

Kersklanke gaan weergalm in die Pierneefteater van 14 tot 17 November tydens die jaarlikse Kersklanke opvoering met Petru Wessels, Carel Trichardt, Katrien Holm en Herman van den Berg.

Deur die jare het Kersklanke reeds ’n instelling geword in Pretoria en hierdie jaar beleef die produksie sy twintigste seisoen. Vanaf die eerste opvoering in die Maskerteater, het Kersklanke verskuif na die Lier, daarna Die Teaterhuisie en sedert 2003 met die ontstaan van Pierneefteater, het die produksie elke jaar in November by hierdie teater ’n tuiste gevind.

In die eerste paar jaar was Lucas Maree saam met Carel en Petru op die verhoog, daarna het Jaco Lötter saamgesing en die afgelope aantal jare sorg Katrien Holm vir die musiek. Hierdie jaar is daar vir die eerste keer in baie jare weer ’n sanger betrokke in die persoon van Herman van den Berg wat bekend is vir sy stemmingsvolle liedjies.

Kerslig, hooibale, gemmerbier en soetkoekies dra by tot die innige en warm atmosfeer van ’n tradisionele Kersfeesviering.

Related Articles

Back to top button