Eerste Afrikaanse, 3D-animasierolprent nou in fliekteaters
Lekker Afrikaanse vermaak net betyds vir die naweek!
Khumba, die 3D-animasieprent oor ’n jong sebra se avonture in die Groot Karoo is die heel eerste 3D animasie rolprent ooit om in Afrikaans uitgereik word.
Die stemkuns van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse akteurs is ingespan en stemregie is deur Bettie Kemp hanteer by Presto Post Production.
Stemkunstenaars sluit in Hannes Brummer, Brumilda van Rensburg, Elsabe Zietsman, Leila Etsebeth, Louis van Niekerk, Ben Kruger, Lochner de Kock en Frank Opperman onder andere.
Die film handel oor die klein sebra Khumba, wat sedert geboorte net halflyf met strepe bedek is. Hy word blameer vir die droogte in die land deur sy bygelowige trop. Hy word gedwing om hulle te red deur ’n pelgrimstog na ’n magiese watergat te onderneem.
“Ek is baie opgewonde oor die stap. Dit is eerstens ’n Suid-Afrikaanse rolprent, en al het ons internasionale sterre, wil ons soveel moontlik mense plaaslik bereik,” het die regisseur Anthony Silverston gesê.
Dié gesinsprent, die tweede animasie deur die Kaapse animasieateljee Triggerfish ná hul Adventures in Zambezia, en word op 25 Oktober in Suid-Afrika uitgereik deur Indigenous Film Distribution.
In die Engelse weergawe kan die stemkuns van onder meer die akteur Liam Neeson, Jake T Austin, AnnaSophia Robb, Lawrence Fishburne en Steve Buscemi gehoor word.