Radiopersoonlikheid stel tweede kookboek bekend
Die bekende RSG radio-omroeper, Amore Bekker het onlangs in Montana die tweede uitgawe van haar suksevolle resepteboek, Tjaila Resepte bekend gestel.
‘n Bekende radiopersoonlikheid het onlangs haar tweede kookboek by die gewilde Boek-en-Koek geleentheid bekend gestel.
Die gewilde RSG radio-omroeper, Amore Bekker, het Donderdag by die boekbesprekingsgeleentheid in Montana die tweede uitgawe van Tjaila Resepte bekendgestel.
Die boek is ‘n samestelling van resepte en reisverhale van mense wat deur die jare haar geskakel het tydens haar gewilde program, Tjailatyd op RSG.
Sy het vertel dat die boek daarop gemik is om maklike Afrikaanse resepte te bied van ou gewilde disse.
Bekker het spottenderwys vir die gehoor vertel dat haar roeping in die lewe kos en gesels is en dit is waarom sy dit so geniet het om die boek saam te stel.