Gewilde Beertjieboeke verskyn weer

'n Gewilde kinderreeks uit die sestigerjare word weer gedruk en belowe om die jongspan te leer en vir ure lank te vermaak.

Die gewilde Beertjie-reeks van die laat sestigjare wat jare gelede ophou druk het, maak weer ‘n verskyning om die jongspan te betower met die pittige verhale en kleurvolle illustrasies.

Beertjie is seker een van die wêreld se mees sjarmante kinderboekkarakters. Die eenvoudige teks deur Else Holmelund Minarik en die evokatiewe tekeninge deur Maurice Sendak, internasionaal beroemde en bekroonde kinderboekillustreerder, skep vir die kind ’n verbeeldingswêreld waarin hy altyd tuis voel.

Al vyf titels in die Beertjie-reeks insluitend, Beertjie, Beertjie se Vriendin, Beertjie Gaan Kuier, Pappa Beer kom huis toe en Beertjie kry ‘n soen sal in ’n wye kring byval vind, aangesien dit uitstekende voorleesboeke is. Die kleuter wat die verhaal een of twee maal gehoor het, sal dit self aan die hand van die illustrasies kan volg. Dit is ook besonder geskik vir self-lees deur kinders wat pas leer lees het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button