east14grafsteen

Die Grafsteensangers is met hul nuwe aanbieding inFebruarie by die Pierneefteater

Die Grafsteensangers is met hul nuwe aanbieding Nostalgie op 8 Februarie by die Pierneef-teater te sien.

Al die bekende karakters is steeds daar, met nuwe intriges en pittighede wat beloof om gehoorlede, soos altyd, te laat skater van die lag. Ou gunsteling-liedjies word uit die kas gehaal en afgestof en neem jou op ‘n toentertyd-toer, waar die herkoms en die geskiedenis van die groep met die gehoor gedeel word.

Soos altyd word daar ’n donker wolk om elke goue randjie gevind. Hierdie vertoning, wat die groep se vyftien jaar as professionele kunstenaars vier, sal u nie teleurstel nie. Kom kyk self, maar wees gewaarsku: Bring snesies, want van al die lag en heimweë gaan die trane beslis rol.

Hierdie vertoning bied uitstekende gesinsvermaak en is ’n móét om die daaglikse probleme en frustasies weg te lag. Vyftien jaar se weenwysies en tranetrekkers word met hul kenmerkende puik sang, harmonieë en strak-gesig humor op die planke gebring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button