Nuwe Afrikaanse albums – Wen CD’s
Top kunstenaars het hul nuwe albums onlangs bekendgestel, en ons gee jou die geleentheid om CD's te wen!

Die aande raak al hoe koeler en musiek is net die manier om van die koue te vergeet. Hier is ‘n paar lekkerluister albums om voor uit te kyk hierdie naweek.
DJ Ossewa – Briljantjie
Dié groep het geen bekendstelling nodig nie en met hul nuutste album, Briljantjie, bewys DJ Ossewa net weereens hoekom hulle een van Suid-Afrika se gewildste groepe is. Na 8 jaar het die groep se gewildheid nog geensins afgeneem nie en dié nuutste album sal jou sommer in ’n japtrap op die dansvloer laat draai. Die titelsnit, Briljantjie, is ’n verwerking van die bekende Al Debbo treffer, Sonbrilletjies, en Donkerbruin Oë gee ’n moderne geur aan die Manual Escorcio treffer wat ook op die album te hoor is. Luister ook uit vir Looki Looki, ’n liedjie saam met Jacaranda Fm se Kaptein Skuim.
Kompetisie: Twee gelukkige lesers kan elk dié spinternuwe album van DJ Ossewa wen. SMS die woord OSSEWA en jou naam en van na 42282.
Die kompetisie sluit op 13 April om middernag. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e is nie van toepassing nie.
MD Greyling – MD Greyling
As lid van die Ses Snare is MD Greyling geen nuweling in die musiekbedryf en met sy nuutste album, getiteld MD Greyling, stel dié Pretorianer nie teleur. Die album, Greyling se vierde, spog met 10 spinternuwe snitte en luisteraars sal nie kan help om spontaan te begin saamsing nie. Liedjies soos Kronkelpad, Ek Wil Jou Hê, Liedjie Vir Jou en Droomkasteel kom uit sy eie pen en vir Die Wiel sal Draai span die talentvolle sanger kragte saam met Pretoria se eie Liefling, Liza Bröneer. Wees ook op die uitkyk vir The Seagulls Name Was Nelson, oorspronklik van Des en Dawn Lindberg, en Homeward Bound, bekendgemaak deur Simon and Garfunkel.
Kompetisie: Twee gelukkige lesers kan elk die spinternuwe album van MD Greyling wen. SMS die woord GREYLING en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit op 13 April om middernag. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e is nie van toepassing nie.
Liefde Gaan Groot Volume 2 – Verskeidenheid
Met die winter wat al hoe nader kruip is Liefde Gaan Groot Volume 2 saam met ‘n lekker glas wyn net die regte manier wees om die koue te verdryf. Die dubbel-CD album spog met name soos Gerhard Steyn, Kurt Darren, Richard van der Westhuizen, Die Tuindwergies en nog vele meer. Luister veral uit vir Gerhard Steyn se Cuppaccino, Elvis se Seun se Wil Jy in My Arms Lê Vanaand asook ou gunstelinge soos Richard van der Westhuizen se Man van Staal en Alan Ladd se Your Old Love Letters. Liefde Gaan Groot Volume 2 is die tweede album in die Gaan Groot-reeks en bevat altesaam 36 lekkerluister snitte.