Vetrolle vir Hanna

Spog die aktrise en deesdae Mevrou Bok van Blerk, Hanna Grobler, deesdae met ‘n veel voller en plomper figuur? Die blonde skoonheid het onlangs ‘n foto waarin sy haar nuwe figuur aan die wêreld bekendgestel het op haar Twitter-blad gedeel en aanhangers omtrent laat kropklap. Gissings oor ‘n moontlike pienkvoet het selfs die rondte begin …

Spog die aktrise en deesdae Mevrou Bok van Blerk, Hanna Grobler, deesdae met ‘n veel voller en plomper figuur? Die blonde skoonheid het onlangs ‘n foto waarin sy haar nuwe figuur aan die wêreld bekendgestel het op haar Twitter-blad gedeel en aanhangers omtrent laat kropklap. Gissings oor ‘n moontlike pienkvoet het selfs die rondte begin doen.

Maar nee, die slanke skoonheid het darem nie regtig ‘n paar ekstra kilogramme opgetel nie en aanhangers sal maar nog ‘n rukkie moet wag vir ‘n bondeltjie vreugde. Sy dra ‘n vetpak, spesiaal vir haar rol in die eerste Afrikaanse teaterproduksie wat eersdaags by die Pieter Toerien-teater op die planke te sien sal wees. In Vettie Vettie vertolk Grobler die rol van Vicky, ’n suksesvolle boekwinkeleienaar van Pretoria wat, nadat sy haar droomman (André Lotter) ontmoet het, probeer om al die ekstra kilogramme af te skud. Dit is egter makliker gesê as gedaan, veral met haar twee huismaats, ‘n kok (Luan Jacons) en die ander ‘n terggees (Tobie Cronje) wat dit geniet om haar oor hoor gewig te spot.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button