Pienkvoet vir Kurt en sy Dunay
Gelukwensings van regoor die land stroom in na die aankondiging vroeg Donderdagoggend dat die bekende Afrikaanse sanger Kurt Darren en sy model vrou Dunay, hul eersteling verwag. Die paartjie is reeds 12 weke swanger en Dunay het aanhangers op haar Twitter-blad vir hul mooi wense bedank. “’n Dankie vir almal se mooi wense, ons is …

Gelukwensings van regoor die land stroom in na die aankondiging vroeg Donderdagoggend dat die bekende Afrikaanse sanger Kurt Darren en sy model vrou Dunay, hul eersteling verwag. Die paartjie is reeds 12 weke swanger en Dunay het aanhangers op haar Twitter-blad vir hul mooi wense bedank.
“’n Dankie vir almal se mooi wense, ons is in die 7de hemel!!! ? ONS GESKENK VAN BO – SWANGER.” Manlief Kurt kon ook nie sy vreugde terughou nie en het vrolik getwiet: “Ons wil met julle almal ons wonderlike nuus deel, so dankbaar, ’n nuwe hoofstuk in ons lewens!! Liefde×.”
Hul bekende vriende het ook nie op hulle laat wag nie en hul mooi wense vir die paar op sosiale netwerke gedeel. Die voormalige sekretaresse van wyle president Nelson Mandela, Zelda la Grange het getwiet: “Ahhhh girl baie, baie, baie geluk vir julle albei.”